Doornkloof · Centurion

Welkom tuis.
Hier is plek
vir jou.

Soek jy ’n plek om in geloof te groei en die lewe saam met ander te deel? By Doornkloof Familiekerk maak ons plek vir jou—waar jy ook al op jou geloofspad is.

Sondae om 09:00 · 143 Leoniestraat, Doornkloof

Die Doornkloof-gemeente saam in die kerk tydens ’n erediens
Wortel in ChristusLeef Mekaar RaakMaak Plek

Drie waardes. ’n Manier van leef.

Geloof wat wortel skiet.
Liefde wat mense raak.

01

Wortel in Christus

Vind jou vaste grond in Jesus Christus. Saam luister ons na God se Woord en groei ons in geloof.

02

Leef Mekaar Raak

Jy hoef nie alleen deur die lewe te gaan nie. Ons leer mekaar ken, dra mekaar en deel in mekaar se vreugde.

03

Maak Plek

Daar is ruimte vir jou, jou vrae en jou gawes. Ons verwelkom mense en maak plek om saam te leef en te dien.

Verskillende geslagte deel ’n gesprek om die tafel

Ons gemeente

’n Familie om
saam mee te groei.

Ons is ’n geloofsgemeenskap in Centurion waar ons saam aanbid, leer, omgee en dien. Van kinders en jongmense tot ouer mense—elke mens bring iets besonders na die tafel.

Of jy nuut in die omgewing is, weer by ’n gemeente wil inskakel of bloot wil kom kennis maak: kom ontmoet ons.

Ontdek ons bedienings ↗

Ons geloof · Psalm 1

Gewortel in Christus.
Gevoed deur God se Woord.

Die boom is deel van ons verhaal. Psalm 1 se beeld van ’n boom by waterstrome herinner ons waar groei begin: by God, wat ons voed en rig.

Jesus Christus staan sentraal in ons geloof. Ons luister saam na God se Woord en wil sy liefde uitleef—in ons huise, in ons gemeente en in ons gemeenskap.

Diep wortels. Ruimte om te groei.
Skadu en lewe vir ander.

Geïnspireer deur die boombeeld in Psalm 1.
Doornkloof se drie waardes rondom die boomlogo

Jou eerste Sondag

Kom soos jy is.
Ons sien uit om jou te ontmoet.

Jy hoef nie eers iemand te ken om te kom kuier nie. Sluit by ons aan vir die erediens en leer die gemeente op jou eie pas ken.

Sondae by Doornkloof

09:00

Familiediens en kinderkerk
Katkisasie om 09:40; kinders word uit die diens verskoon.

143 Leoniestraat
Doornkloof, Centurion

Koffie en saamkuier ná die diens.

Kan ek kom as ek nog niemand ken nie?

Ja, jy is welkom. Kom kuier by ’n erediens, of stuur vooraf vir ons ’n boodskap as jy graag meer wil weet.

Is daar plek vir my kinders?

Ja. Ons huidige Sondagprogram sluit kinderkerk om 09:00 en katkisasie om 09:40 in. Kontak die kantoor vir besonderhede oor ouderdomsgroepe en die vakansieprogram.

Waar kan ek ’n erediens aanlyn kyk?

Jy kan eredienste op ons YouTube-kanaal kyk.

Vind jou volgende stap

Vier rigtings waarin ons saam leef.

Die lewe van ons gemeente

Hier deel ons die lewe.

Saam aanbid. Saam grootword. Saam om ’n tafel sit en vir ander omgee. Hier is ’n paar oomblikke uit ons gemeentefamilie.

Gemeentelede aanbid saam buite met sonsopkoms
Saam aanbid
Kinders en jongmense saam op die kerkterrein
Saam grootword
Verskillende generasies kuier saam om ’n tafel
Saam aan tafel
Gemeentelede wys handgemaakte komberse en gebreide klere
Omgee wat hande en voete kry

Op ons kennisgewingbord

Wat gebeur by Doornkloof Familiekerk?

Nuus en uitnodigings uit die lewe van ons gemeente.

Gemeentenuus · Oktober 2026

Ons beroep ’n voltydse medeleraar

Ons is tans in die proses om ’n nuwe voltydse medeleraar te beroep. Bid saam met ons vir wysheid en leiding op hierdie pad.

Wil jy meer oor die proses weet? Ons kantoor help jou graag.

Kontak die kantoor ↗

Maak Plek

Jou volgende stap
kan ’n eenvoudige hallo wees.

Kom ons gesels ↗