Oor ons · Vier rigtings. Een familie.

Saam gewortel.
Saam aan die groei.

Ons waardes kry hande en voete in vier bedieningsrigtings. Ontdek waar jy kan aanbid, groei, vriendskap vind en ’n verskil maak.

Wortel in Christus · Leef Mekaar Raak · Maak Plek

Een boom.
Baie plek om te groei.

Psalm 1 se boom by waterstrome herinner ons aan ’n lewe wat in God se Woord gewortel is. Vanuit daardie wortels groei ons na Bo, na Binne, na Mekaar en na Buite.

Jy hoef nie alles op een slag te doen nie. Begin waar jy nou is en neem die volgende stap saam met ons.

Wortel in Christus. Leef Mekaar Raak. Maak Plek.
Ds. Nelis Lindeque

Ontmoet ons predikant

Ds. Nelis Lindeque

Nelis is die huidige predikant van Doornkloof Familiekerk.

Wil jy die gemeente beter leer ken, oor geloof gesels of pastorale ondersteuning vra? Kontak ons gerus om ’n gesprek met ds. Nelis te reël.

Reël ’n gesprek ↗
Die gemeente kom buite saam met sonsopkoms
01 · Na Bo

Erediens en aanbidding

Vind rus in God se teenwoordigheid.

In die erediens kom ons saam om God te aanbid, na sy Woord te luister en opnuut hoop te vind. Of jy lankal deel is of vir die eerste keer kom kuier—jy is welkom.

  • Eredienste, prediking en Skriflesing
  • Musiek, gebed en die sakramente
  • Gasvryheid en verwelkoming van besoekers
Kom kuier Sondag ↗
Kinders en jongmense saam op die kerkterrein
02 · Na Binne

Toerusting en pastorale sorg

Groei in geloof. Kry ondersteuning.

Geloof groei wanneer ons vrae kan vra, saam leer en mekaar deur die lewe dra. Hier is ruimte vir kinders, tieners en volwassenes om in Christus te groei en versorg te word.

  • Bybelstudie, Credo en groeigroepe
  • Kinder- en tienergeloofsvorming
  • Pastorale sorg, huisbesoek en ondersteuning in moeilike tye
Vind uit oor groei en sorg ↗
Jonger en ouer gemeentelede gesels saam om ’n tafel
03 · Na Mekaar

Leef Mekaar Raak

Leer mense ken. Deel die lewe.

Om te behoort begin dikwels met ’n gesprek, ’n koppie koffie of iemand wat jou raaksien. Ons maak ruimte vir vriendskap en verbondenheid tussen mense van verskillende ouderdomme en lewensfases.

  • Ontmoetings vir mans, vroue, jongmense en gesinne
  • Saamkuier, kampe en uitstappies
  • Gesprekke en vriendskappe oor generasies heen
Vind jou plek tussen ons ↗
Gemeentelede by handgemaakte komberse en gebreide klere
04 · Na Buite

Ons leef God se hoop in Centurion

Maak ’n verskil waar jy is.

God se liefde word sigbaar wanneer ons ander dien. Saam reik ons uit na mense in ons buurt en gemeenskap, en gebruik ons ons tyd en gawes om hoop prakties te leef.

  • Naastes in Nood, voedingskema en praktiese noodhulp
  • Buurtprojekte, skole en gemeenskapsvennote
  • Sending, getuienis en diensprojekte
Ek wil help dien ↗

Jou volgende stap

Daar is ’n plek vir jou
om saam te leef en te dien.

Gesels met ons ↗