Vrouebediening
Vroue se unieke behoeftes en belangstellings word deurlopend by gesellige funksies aangespreek. Op hierdie wyse word vrouens vanuit die Bybel bemoedig en versterk om as vrouens hulle plek in die gemeente, in die samelewing en in hulle huise vol te staan as ware vroue, wat die Here dien en volg.
Met die vier byeenkomste wat ons elke jaar hou, een per kwartaal, is dit ons visie om 'n geestelike tuiste aan elke vrou in die gemeente te bied sodat sy in haar uniekheid geestelik kan groei, die gemeenskap van gelowiges saam met ander vroue kan ervaar en begelei kan word om Ligdraer van Jesus in elke aspek van haar lewe te wees. Daar word ook jaarliks 'n Vrouekamp aangebied.