Musiekbediening

Die musiekbediening is verantwoordelik vir ondersteuning van die uitsoek van die liedere vir die eredienste, die inoefening van liedere, die organisering van musikante en voorsangers, begeleiding van die musiek tydens die eredienste. Programme vir spesiale dienste soos die Kerssangdiens en die Paassangdiens word opgestel en georganiseer.

Daar is verskillende geleenthede vir musiekbediening:

  • Die familiediens word begelei deur ons orrelis, Amanda Venter, en voorsangers.
  • Die gesinsvriendelike familiediens word begelei deur 'n kombinasie van klavier/"keyboard", kitare en voorsangers, soos wat mense beskikbaar is.
  • Die Engelstalige diens word begelei met klavier, dromme en kitaar, soos wat mense beskikbaar is.
  • Die leefdiens word begelei deur 'n orkes met "keyboard", dromme, ktiare en voorsangers onder leiding van Karl Muller.

Een Saterdag per kwartaal oefen en speel ons almal saam en deel musiek met mekaar. By die kwartaallikse gemeenskapsdiens speel en sing almal van die verskillende dienste saam.

Ons musiekspan:

Image
Orrelis:
Amanda Venter
073 407 2160
Image
Oorhoofse Musiekontwikkelaar: 
Elmo Pienaar
082 410 7645
Image
Musiekorganiseerder Aanddienste: 
Karl Muller 
071 222 0846

Search

Smart Search