Groeigroepe

In groeigroepe leer lidmate mekaar ken en word bevriend rondom die Woord van God, sodat hulle mekaar op vele lewensterreine kan ondersteun. Groepe vergader weekliks en pak gereeld projekte aan waar daar nood is, of hulp en ondersteuning benodig word. Voortvloeiend uit Sondae se eredienste word die Skrifgedeelte gedurende die week verder bespreek aan die hand van uitgewerkte vrae.  Groeigroepbyeenkomste word gehou by die huis van een van die groeplede en onder leiding van ’n leier groei die groep saam in hulle geloofskennis en -uitlewing.
Image
Gemeng
Image
Jong volwassenes
Image
Enkellopendes
Image
Gesinne met jong kinders
Image
Gisnne met ouer kinders
Image
Vroue
Image
Mans

Search

Smart Search