Vorms

Jy is baie welkom om as lidmaat by hierdie gemeente aan te meld. Ons wil jou baie graag op 'n persoonlike en hartlike wyse ontmoet en hier verwelkom. Met die oog daarop is dit belangrik om jou besonderhede te kry. Laai asseblief die vorm af en stuur terug aan admin@dkfk.co.za. Ons sal jou binnekort kontak nadat ons jou besonderhede ontvang het.

Voltooi asseblief die doopregistrasievorm as jy graag in ons gemeente jou kind wil laat doop. Dit moet ±2 maande voor die beplande doopdatum gedoen word. Die datums waarop normaalweg doop bedien word, is op die gemeente se kalender aangedui. Op die kalender word ook aangedui wanneer die 3 doopgesprekke sal plaasvind. Dit is gewoonlik die 3 Dinsdagaande voor die Doopsondag van 18:00 tot 19:00. Laai asseblief die vorm af en stuur dit betyds aan admin@dkfk.co.za.

Om jou maandeliske dankoffer bydrae outomaties te laat aftrek, maak gebruik van 'n debietorder. Laai debietordervorm af,

Die eredienste van die gemeente word op video vasgelê en kan hier bestel word. Laai net die vorm af, voltooi en stuur aan admin@dkfk.co.za.

Aan die suidekant van die kerk is die hoek van die tuin pragtig ingerig as ʼn gedenktuin waar die oorskot van dierbares in nisse in ʼn gedenkmuur gebêre kan word. Dit het marmer stene waarop die besonderhede van die ontslapene aangebring word. Die tuin het ook ʼn rustige atmosfeer en bankies waar mens kan sit en ontspan. Hier is die bewaringsooreenkoms wat al die besonderhede uiteensit. Die koste beloop eenmalig R3000.00 per nis. Die graferingskoste (om name en datums op te sit) is R900.00 eenmalig.

Stel die leraar dadelik in kennis van die afsterwe van 'n geliefde. Begrafnisse word met kerkkantoor gereël. Die kantoor sal reëlings met die leraar tref. Die kantoor kan ook die orrelis en die bestelling van broodjies en meer hanteer, indien die begrafnisondernemer dit nie doen nie. Raadpleeg eers die leraar wat die begrafnis moet lei voordat finaal met die ondernemers gereël word. Kontakpersoon: Natasha | 012 667 4071.

Spreek asseblief eers die leraar voordat finale reëlings getref word. Besprekings van die fasiliteite vind by die kerkkantoor plaas. Kontakpersoon: Natasha | 012 667 4071.

Verhuuring

Hierdie tabel verskaf al die inligting oor die verhuring van lokale en toerusting vir lidmate en vir nie-lidmate.

Verantwoordelike persoon: Natasha | 012 667 4071

Image

Search

Smart Search