2022 Jaartema: Reis Ligter
Reeks 1 – Brand-ID
Selfs gelowiges maak dikwels die fout om te dink dat hulle identiteit bepaal word deur wat hulle besit of doen, terwyl hulle identiteit geheel en al en alléénlik in Christus gevind en deur Hom bepaal word. Sy verbondsbelofte word aan ons bevestig by ons doop. Die gelowiges se grootste uitdaging is om te leef vanuit daardie verbondsbeloftes, en om so hul identiteit en roeping daarin te vind. Dit is hoe ons ge-brand is as Jesus se volgelinge.
Tema 1: Verwronge identiteit. (Markus 10:17-31)
Tema 2: Identiteit in Christus. (Genesis 2-3)
Tema 3: Geskenk! (Genesis 17:1-8 en Galasiërs 3:22)
Tema 4: Maak jou geskenk oop. (1 Korinthiërs 11:23-26)
Reeks 2 – Genoeg is genoeg
Ons word deur die wêreldse manier van leef beïnvloed om te dink dat ons nooit genoeg het nie – daar’s altyd nog iets nuut wat jy moet kry. As ons egter waarlik en volledig ons identiteit in Christus vind, kan ons daarin berus dat dit wat ek het genoeg is. Onnodige goed om ander te beïndruk is leeg en betekenisloos. Dit wat ek werklik nodig het vir die lewensreis, het ek reeds.Tema 1: Niks is genoeg. (Matteus 8:18-22)
Tema 2: Leeg genoeg. (1 Johannes 2:14-17)
Tema 3: Altyd genoeg. (Matteus 6:24-34)Tema 4: Vergenoeg met niks. (1 Timoteus 6:2b-10)
Reeks 3 – Trap in sy spore
Om ligter te reis te midde van die oorweldigende invloede van die wêreld, het ons ’n voorbeeld nodig. Jesus is daardie voorbeeld. Hy het niks gehad of bymekaargemaak nie, en het sélf lig deur die lewe gereis, letterlik. Sy spore lê oral en ons kan Hom daarin volg, as ons net bereid is om dit te gaan soek, en dan gehoorsaam en met moed daarin te trap.Tema 1: Dooie visse gaan stroomaf. (Johannes 6:66-67)
Tema 2: Volg Hom wat die pad ken. (Johannes 10:22-30)
Tema 3: Trap al dieper. (1 Petrus 2:18-25)
Tema 4: Gaan vind sy spore. (Lukas 5:27-39)
Reeks 4 – Priori-tyd
Soveel dinge eis tyd van ons dat dit maklik kan voel asof ek deur my hele lewe wedywer met die horlosie. God wil ons help om te prioritiseer volgens sy wil en wysheid. Dit sal beteken dat sommige dinge dalk nie so belangrik is as wat ek altyd gedink het nie, maar Hy sal my ook leer wat vir Hom belangrik is.
Tema 1: Pak af by God. (Lukas 11:1-13)
Tema 2: Hoeveel balle kan jy juggle? (Efesiërs 5:15-20)
Tema 3: Watter Priori-tyd laat Jesus glimlag? (Lukas 10:38-42)
Tema 4: Beheer? (Jeremia 2:4-13)
Reeks 5 – Oop vir die oomblik
Party dae, en selfs weke, raak ons so besig dat ons sekere goed nie eers oplet of besef nie. Ons kan iemand anders se nood of seer totaal miskyk bloot omdat ons nie tyd of lus het om te luister nie, of omdat ons gedagtes so in beslag geneem word met ons eie besige program en/of bekommernisse. Jesus het gereeld stil geword om dit wat verby is te oordink, en voor te berei vir dit wat voorlê. As sy volgelinge behoort ons ook die gewoonte te kweek om elke oomblik van ons lewe gereed te wees vir die onbeplande en onvoorsiene situasies wat mag opduik.
Tema 1: Raak vir My rustig. (Lukas 5:12-16)
Tema 2: Oop vir God se Woord. (Eksodus 2:23-25 en 3:1-15)
Tema 3: Kyk na ander met Jesus se oë. (Johannes 7:53-8:11)
Tema 4: God praat deur sy gemeente. (Jakobus 5:16)
Reeks 6 – Reis ligter ... saam!
As gelowige het ons die voorreg om deel te wees van ’n gemeente. Al is die geloofsreis soms moeilik en voel dit soos ’n nimmereindigende opdraand, het God vir ons medegelowiges gegee. Hierdie reisgenote maak van die reis ’n betekenisvolle avontuur waarop ek al meer leer dat ek God kan vertrou vir elke tree van die reis.
Tema 1: God se ontvouende verhaal. (Jeremia 31:1-6)
Tema 2: God se beloftes. (Jesaja 65:17-25)
Tema 3: God se Voorsiening. (Eksodus 16:11-15, 31 en 35)Tema 4: Sal na Sondag kan voltooi.